Swartfontein Mountain Desert Guest Lodge

Die gastehuis is geleë in die Spreetshoogte Natuurbewaringsgebied sowat 180km Suid-Wes van Windhoek, op die kruin van die Spreetshoogtepas met ‘n uitsig oor een van die mooiste en mees majestieuse landskappe in Namibië.

Hierdie tradisionele huis, waarvan die oudste deel gebou is aan die begin van die 20ste eeu, het ‘n koloniale voorkoms, met sy ronde vensters, versier met malvas,’n groen sinkdak en ‘n bree stoep.
Die huis is omring deur ‘n groot grasperk, bykans ‘n oase in die middel van ‘n droë landskap! ‘n Sprankelende swembad verskaf lafenis in die somer.
Die atmosfeer op Swartfontein is ontspanne, vriendelik en aangenaam, te danke aan Frank en Susie, jou gasheer en gasvrou.
Die 10 en-suite kamers is ruim en voldoen aan Europese standaarde. Elektrisiteit en warm water is beskikbaar 24 uur per dag, te danke aan son-en windkrag.
Ontbyt en aandete word voorgesit in die nuut opgeknapte restaurant wat uitkyk op ‘n watergat wat gereeld deur verskeie wildspesies besoek word.
In die winter kan jy jou drankie voor die kaggel geniet, wat ‘n spesiale huislike atmosfeer skep.

Swartfontein bied verskeie moontlikhede aan waarmee die besoekers hul kan vermaak. Die meeste aktiwiteite wentel om die besigtiging van die verskillende wildspesies(wat onder andere klipspringers en kameelperde insluit) asook die besigtiging van die asemrowende, kontraasterende landskappe van die Natuurbewaringsgebied.
Gaste word geneem op wildritte of fotografiese uitstappies in ‘n viertrekvoertuig.
Vir die meer avontuurlustiges kan ‘n dagroete in die mees ongetemdegedeelte van die bewaringsgebied georganiseer word om die beskermde bergzebra te soek.
Een van die hoogtepunte van die verblyf by die lodge is ‘n skemerkelkie op die kruin van die platorand, om die die asemrowende uitsig oor die berge, vlaktes en die woestyn te bewonder, terwyl jy aan ‘n yskoue drankie teug.
Vir diegene wat iets unieks wil ervaar, kan ‘n vlug vanaf een van ons privaat aanloopbane georganiseer word. Bespreek asseblief vroegtydig.