Vlieg op Swartfontein

  • Ligging: Die landingstroke op Swartfontein is op die plato van die Rantberge suid van distrikspad D1275 na Spreetshoogtepas geleë, en lê dus hoër as 1900 m. Daarom is hulle van die hoogs geleë landingstroke in Namibië. Die twee aanloopbane op Swartfontein is nie met mekaar gekoppel nie.
    Let op hoogte / digtheid!
    Daar is geen kraglyne oor die plaas nie.
  • Aanbevole naderingsbaan: Wanneer die weer en die lengte van die landingstrook dit toelaat, maak gebruik van 03/21 want dan kan die vliegtuig direkt langs die plaasopstal geparkeer word.
    Naderingsbaan:
    03/21: ± 800 m lank S 23.43.27 O 16.11.38
    13/31: ± 1,400 m lank S 23.43.87 O 16.10.79
  • Toestand van die landingstroke en buite-invloede:
    03/21: aan die begin gruis, dan los sand na die eerste derde van die landingstrook
    Run-up Pad [Proefdraaiblad]: aan die begin van landingstrook 03
    Wees versigtig wanneer die ooswind waai: Dwarswinde en sterk turbulensies is op 03/21 moontlik, dan maak liewers gebruik van 13/31.
    13/31: los sand na twee derdes van die landingstrook. Die laaste derde van die landingstrook 31 gaan ‘n bietjie opdraand.
  • Windkouse: Aan die begin van 03 op die regter kant, op 31 na die eerste derde op die linker kant waar daar ook ‘n parkeerarea is.
    Waarskuwing: Windlaaier direk by die plaasgebou. Hoogte ± 12 m
  • Dagtoere: Vanaf Swartfontein kan jy maklik die majestueuse duine van Sossusvlei bereik of oor die Kuiseb vlieg waar die rooi sandduine soos ‘n waterval na die donker rivier neergolf.
    Die Gamsbergplato en ook die Naukluftberge met skouspelagtige natuurskoon is naby.
    Dalk voel jy lus vir ‘n koppie koffie en appeltert – dan vat jy koors na Solitaire. Hier kry ‘n mens gewone brandstof maar geen vliegbrandstof nie.
    En daarna steig jy weer op en keer terug oor die majesteuse Rantberge na Swartfontein.



image



image



image



image



image



image