Kaart – Waar om ons te vind!

Rigting: As u uit die suide kom

Vanaf Aus ry u op die C13 na Helmeringhausen, van daar af, neem die C14 tot kort voor Maltahohe. Bly nog steeds op die C14 in rigting Büllspoort.
Van daar af lei die pad deur ‘n pragtige berg landskap. Aan die regterkant sal u die afdraai C24 na Klein- Aub kry.
Daar draai regs. Hierdie pad sal u deur een van die skouspelagtige bergpasse, die Remhoogde Pas, neem.
Na die pas neem die D1261 na Nauchas. 4 km voor Nauchas sal u die naambord van die plaas Swartfontien sien.
Draai links en volg versigtig die pad vir 6 km. U sal deur 2 plaashekke moet ry.

Rigting: As u vanaf Walvisbaai af kom: As u vanaf die kus via Walvisbaai kom, vat die C14 wat deur die Namib Naukluft Park ly.
Dit gaan oor die Kuiseb- en verder oor die Ghaubriviere. Dit is een van die hoogtepunte op die roete.
Ongeveer 9 km voor Solitaire, neem u die D1275 na Nauchas. Voor u uitgestrek,lê die 2000 m hoë Rantberge.
Annvanklik lei die pad deur ‘n pragtige woestynlandskap en dan kronkel hy op na die asemrowende Spreetshoogtepas.
Op die kruin van die pas, neem ‘n bietjie tyd om die uitsig terug in ‘n indrukwekkende landskap te geniet.
Spreetshoogte is soos ‘n nasionale denkbeeld van Namibia. Nou ry u aan in die rigting van Nauchas.
By Nauchas draai regs in die D1261 en ry 4 km tot by die bord van Swartfontein.
Draai weer regs,​​ volg die pad vir ongeveer 6 km. Indien u aankom by ‘n hek, ry deur, en na ‘n verdere 6 km bereik u die plaashuis.
Ry asseblief versigtig en maak asb. die plaashekke toe.

Rigting: As u van Windhoek kom: U verlaat Windhoek op die B1 na Rehoboth vir 87 km.
Kort na Rehoboth draai regs in die C24 vir 39 km. Draai dan regs in die D1261 en hou reguit aan vir ‘n verdere 53 km na Nauchas.
By Nauchas volg die D1261 vir sowat 4 km. Op die regterhand sal u Swartfontein se uithangbord sien.
Draai in en ry vir 6km tot by ‘n hek. Ry deur en na ‘n verdere 6km sal u by die plaashuis arriveer.

Asseblief sluit altyd die hekke, die boere sal dankbaar wees.